In lig van hierdie nuwe insigte sal ek my baie klein, nederige bydrae maak. Laat hy sy lisensie op die kleinste moontlike dorpie kry.
Deur: monicahaddad
Deur: lora2me
Klarisabet, ek moes hierdie handleiding gehad het toe ek my seun leer bestuur het. Ja, ek moes hom leer en ons het al byna in ‘n trop skape op ‘n “stil” plaaspad ingery en vir koue pampoen doodstil gaan stop in die middel van die hoofpad. Vandag is hy ‘n goeie bestuurder, soos sy ma 😉 en moet sy net so nou en dan weer saam met hom vir ‘n “drive” gaan om seker te maak hy onthou alles … tot sy ergernis.
Deur: tina10
Die is nou die lekkerste lekker. Jy moet die as ‘n handleiding vir ouers laat publiseer.
‘n heerlike lees die…
Deur: Net Ek @ cbl1979
Puik!
Ek dink elke ouer wat tieners het moet hierdie vir hulle gee om te lees!
*****
Deur: charly hardy
En elke dogter!
Deur: Henry @kompethenry
Knap!
Met so ‘n grondlegging gaan die man van ry sommer na vlieg toe gaan – hoe kan hy mis?
🙂
Deur: perdebytjie
Dis nou ‘n lekkerlees!Ek moet juis more weer op die gedugte snelweg vanaf die Oosrand,weer Wesrand toe en terug.Ek dink nie ek gaan ver soek vir honderde voorbeelde van hierdie lisensiehouers nie! 😆
Deur: danie coetzee
Deur: Carol R @ Losbek
Waar was jy toe my seuns hulle lisensies gekry het.:-D
Deur: vega
Lekker gelees, baie goeie raad, vir my kom dit bietjie laat 🙂 My dogters het gelukkig in die stad leer bestuur so hulle was alles gewoond. Oudste het einde Graad 11 haar eie Volksie gekoop en werk toe gery op Saterdae, en toe sy haar lisensie begin Matriek kry het sy haar sussies skooltoe gery. Middelste ene het bietjie langer geneem want Sussie het haar mos op Tukkies rondgery en toe sy gemeenskapsjaar op Kimberley moes gaan doen het sy gou lisensie gekry sodat sy soontoe kon ry. Jongste is so ‘n uitstekende waarnemer sy het my letterlik vir jare dopgehou en toe in Matriek in die kar geklim en gery. Dis die moeite werd om te belê in ‘n paar lesse by ‘n betroubare persoon voor hul gaan vir lisensie.